Jy het ‘n Gids

Jy het ‘n Gids

Wanneer Hy ook al kom, die Gees van die waarheid, sal Hy julle begelei in die volle waarheid. Hy sal nie uit Homself praat nie, maar net sê wat Hy hoor. Hy sal die dinge wat gaan kom, aan julle meedeel. (Johannes 16:13)

Om besluite te neem kan ‘n baie spanningsvolle ding wees as daar van jou verwag word om dit op jou eie te maak, maar gelukkig hoef jy nie. Dit is so vertroostend dat God sy Heilige Gees aan ons gegee het om ons deur die lewe te lei.

Jy kan rustig wees oor besluite, met die wete dat daar nie van jou verwag word om dit op jou eie te neem nie. God is nie net met jou nie, maar Hy gaan ook vir jou die leiding gee wat jy nodig het om ‘n wyse keuse te maak.

Johannes 16:13 sê dat die Heilige Gees jou ”sal lei in die hele waarheid.” Die feit dat die Heilige Gees jou gids is, maak die verskil. Moenie gespanne voel deur die keuses wat jy vandag in die gesig staar nie. Bly in vrede en verwag om duidelik van God te hoor.


Vandag se Gedagte

Jy reis nie alleen deur die lewe nie. Die Heilige Gees is jou gids en Hy belowe om jou wysheid te gee en jou in die hele waarheid te lei.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 5:8; Romeine 8:14

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon