Verslaan die Vyand

Verslaan die Vyand

Ek is dankbaar teenoor God wat ons, omdat ons aan Christus verbind is, altyd saamneem in sy triomftog. Deur ons versprei Hy die aangename geur van sy kennis op elke plek. (2 Korintiërs 2:14)

Die vyand kan jou nie terughou as jy vasbeslote is nie. Jy sal meer vasberade as hy moet wees, maar jy kan dit doen, want God is aan jou kant. Die vyand kan jou hewig teëstaan, maar jy kan hom verslaan en jou doelwitte in die lewe bereik as jy eenvoudig weier om op te gee.

Sommige mense word bang by die gedagte dat die vyand teen hulle is, maar dit is nie nodig om te vrees nie. God is aan jou kant en Hy lei jou altyd in triomf. Om die duiwel te oorwin, neem gereeld tyd om God te soek, sy Woord te bestudeer, Hom te aanbid en te bid.

Laat jou versoeke aan God bekend word, maar moenie bekommerd wees oor die probleem nie. Vertrou God om namens jou te veg. Die Woord van God sê vir ons dat die stryd die Here s’n is (sien 2 Kronieke 20:15). As jy weier om op te gee, is daar geen manier waarop jy kan verloor nie, want God is onoorwonne!


Vandag se Gedagte

Bid te alle tye, nie net wanneer jy ‘n krisis in die gesig staar nie. Ons het God nie net te midde van rampe nodig nie; ons het Hom heeltyd nodig.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Romeine 8:37; 1 Kronieke 29:11

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon