Groei in onderskeiding

Groei in onderskeiding

“Die Gees van die Here sal op hom rus, die Gees wat wysheid en insig bring, die Gees wat raad en krag bring, die Gees wat kennis en eerbied vir die Here bring. Hy sal sy vreugde daarin vind om die Here te gehoorsaam. Hy sal nie regspreek volgens uiterlike skyn of op vals getuienis of hoorsê nie.” —Jesaja 11:2-3 NLV

Jesus het Sy lewe met onderskeiding geleef. Sy onderskeiding was nie gebaseer op die oppervlakkige sensors van Sy vlees nie – dit was die resultaat van Sy intieme kommunikasie en verhouding met God die Vader.

Dieselfde gawe van onderskeiding is beskikbaar vir my en jou deur ons verhouding met God.

So hoe werk dit? Voor jy enigiets doen, moet jy vinnig met jou gees seker maak dat dit wat jy nou wil doen reg is. As jy vrede het, gaan voort. As jy ongemaklik voel, onseker of frustreerd, staan eers stil.

Byvoorbeeld, baie keer sal ek by die winkels wees en reg wees om iets te koop, maar voordat ek by die til kom, ervaar ek ‘n frustrasie in my gees, wat soos ‘n prikkel van die Heilige Gees is om nie die aankoop te maak nie.

Die wonderlike ding van oomblikke soos hierdie is dat elke keer wanneer ek kies om te luister en die Heilige Gees se leiding te volg, groei my gees sterker in God en meer en meer van God se krag word vrygestel in my lewe om te beweeg in die vrug van die Gees.

Gee jouself oor aan die Heilige Gees en volg sy prikkels en jy sal groei in dieselfde onderskeiding as wat Jesus in gestap het.


Gebedsbeginpunt

God, ek wil nie besluite maak gebaseer op my eie selfsugtige behoeftes nie. Ek wil loop in onderskeiding. As ek vir U vra as ek besluite neem, frustreer die begeertes wat ek het wat nie van U af is nie en gee my vrede om U pad te kies.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon