Wysheid roep uit na jou

Wysheid roep uit na jou

“Wysheid self staan en roep. Insig laat haar stem hoor. Sy staan by die hoë plekke langs die pad. Sy staan daar waar die paaie mekaar kruis. Sy staan by die ingang van die stad. Sy roep uit by die poorte.” —Spreuke 8:1-3 NLV

Deur die wandel van die lewe gaan ons baie besluite moet maak en ons gaan altyd in die moeilikheid kom as ons dit maak met emosies of volgens wat ons dink of wil hê.

God wil hê ons moet wyse besluite maak. Ek glo om wysheid te hê is om nou te kies wat ons later mee gelukkig gaan wees.

Spreuke sê dat wysheid uitroep na ons. Jy moet stap in God se wysheid en besef dat die keuses wat ons vandag maak sal ons môre affekteer. So baie mense geniet nooit die lewe nie want hulle is konstant besig om die gemors uit te sorteer wat resultate was van dwaasheid.

Moenie iets selfsugtig doen en waag dat dinge sal reg uitwerk nie. Wysheid dobbel nie, dit belê in die toekoms. Wysheid swoeg nie voor onmiddelike bevrediging nie. In plaas daarvan, volg dit eerder vir God in ‘n beter môre in.

So wat van jou? Wandel jy in wysheid vandag? As jy nie doen nie, is die goeie nuus dat wysheid na jou to uitroep. God is reg en gewillig om jou te voorsien van Sy wysheid. Vra Hom net daarvoor en maak die besluite wat sal belê in ‘n goddelike toekoms.


Gebedsbeginpunt

God, ek wil die lewe geniet, en nie konstant probleme uitsorteer wat gebeur het as gevolg van ‘n afwesigheid van wysheid nie. Dankie dat U vir my voorsien van wysheid. Ek kies om dit te ontvang en maak goddelike besluite vir my toekoms.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon