“Kom ons gaan dan met volle vrymoedigheid na die troon van ons genadige God. Hy sal aan ons sy ontferming en genade bewys sodat ons op die regte tyd gehelp sal word.” Hebreërs 4:16 NLV
God wil hê ons moet in die gewoonte kom om na Hom toe te hardloop vir genade (bonatuurlike inner krag). Hy wil hê dat ons heeltemal op Hom staatmaak.
Maar die vyand probeer vir ons lieg, en hy sê vir ons dat ons nie goed genoeg is om in God se teenwoordigheid te wees nie. Satan probeer ons oorreed dat ons te veel foute gemaak het dat God niks met ons te doen wil hê nie.
Maar dit is nie wat God se Woord sê nie. Sy Woord sê dat as Sy verlosse en vergewe kinders, kan ons Sy troon nader met volle vrymoedigheid. Jy moet hierdie waarheid ontvang vandag en die keuse maak om daarby te leef.
In plaas daarvan om te sê: “Ek voel nie of God my lief het nie,”, “Ek voel nie of ek vergewe is nie” of “ek voel nie of ek ‘n toekoms het nie”, sê eerder: “God het my lief en niks kan my skei van Sy liefde nie. Hy het my vergewe en ek kan Hom nou nader met volle vertroue dat Hy my aanvaar.”
Elke keer as jy voel of jy onwaardig is, onthou wat die Woord van God sê, en gaan dan met groot moed na jou hemelse Vader toe. Hy wag vir jou om jou te ontvang.
Gebedsbeginpunt
God, ek kom met volle vrymoedigheid na U toe, want U Woord sê dat ek vergewe is en dat ek altyd na U toe kan kom. Dankie vir U vergifnis vir my mislukkings en dat U genade my help in elke nood.