Hoe groter die teenstand, hoe groter die geleentheid

Hoe groter die teenstand, hoe groter die geleentheid

“…want hier staan nou ’n wye deur vir my oop en daar is baie mense wat op die evangelie reageer. Daar is egter ook baie teenstanders.” 1 Korintiërs 16:9 NLV

Elke keer as God ‘n nuwe idee in ons harte plaas of Hy gee ons ‘n droom, visie of nuwe uitdaging vir ons lewens, sal die vyand daar wees om ons teen te staan.

God roep ons konstant na nuwe vlakke. Sommige voel groot en belangrik en ander voel klein en onbelangrik. Watookal die geval, wanneer ons ‘n nuwe vlak in God bereik, sal ons ‘n vlak van teenstand ervaar van ons vyand, die duiwel.

Saam met teenstand egter, kom daar geleentheid. En God is altyd by ons, so ons hoef niks te vrees nie. Sommige dinge voel dalk te groot vir ons, maar niks is onmoontlik met God nie. Hy is nie verras of verskrik deur enigiets nie, en met Hom, kan ons enige uitdagting voor ons aanpak.

As jy vasberade is om nuwe vlakke in God te bereik waar God jou heen roep, moet dan nie opgee in die teenstand nie. In plaas daarvan, besef dat hoe groter die teenstand is, hoeveel groter is die geleentheid voor jou. Wees vol moed en trek dit van die Heilige Gees, want Hy is altyd met jou.


Gebedsbeginpunt

God, moenie toelaat dat ek vou in teenstand nie. Ek weet U het groot planne vir my en dat daardie teenstand net ‘n groter geleentheid beteken. Ek vertrou U en weet dat U my na nuwe hoogtes in my geloof kan vat, om ander te dien deur U liefde.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon