Hoe om jou gawes te ontwikkel

Hoe om jou gawes te ontwikkel

“Dit is een en dieselfde Gees wat al hierdie gawes bewerk en wat aan elkeen uitdeel soos Hy dit goedvind.” —1 Korintiërs 12:11 NLV

Mense vra my baie hoe hulle hul goddelike gawes kan ontdek en ontwikkel. Hier is ‘n paar hulpvolle stappe wat ek ontdek het:

  • Fokus op die sterkpunte wat God jou gegee het. Deur te konsentreer op jou sterkpunte sal dit jou help om die roeping wat God op jou lewe het te vervul.
  • Beoefen jou gawe. Kry iets wat jy van hou om te doen en wat jy goed doen, en doen dit oor en oor. Weet jy wat gaan gebeur? Jy gaan beter voel oor jouself en nie verslaan voel nie.
  • Hê die moed om anders te wees. Ongelukkigheid kom wanneer jy probeer om iemand anders te wees in plaas van die unieke mens wie jy is.
  • Leer hoe om kritiek te hanteer. Hê genoeg selfvertroue in wie jy is in Christus sodat jy na ander kan luister en oop vir verandering kan wees, sonder dat jy voel jy moet met hul punt saamstem of hul aanvaarding kry.

God het grootheid in jou geplaas. Laat vandag die begin van ‘n groot avontuur wees soos jy uitstap en die gawes wat Hy jou gegee het begin gebruik.


Gebedsbeginpunt

God, ek wil die gawes wat U my gegee het begin gebruik en kultiveer. Gee my die moed om U te volg en die gawes en vermoëns te ontwikkel wat U binne my gesit het.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon