Hoekom ons “hoekom?” vra

Hoekom ons “hoekom?” vra

““Ek glo!” roep die kind se pa dadelik uit. “Help my tog om nie meer te twyfel nie!” —Markus 9:24 NLV

Het jy jouself al ooit in ‘n tragiese situasie bevind en God gevra, “Hoekom? Hoekom gebeur dit met my?”

Vir ‘n oomblik, kom ons verbeel onsself dat God daardie vraag beantwoord. Sal Sy verduideliking enige iets verander? Die effek van die tragedie gaan steeds met jou wees, en die pyn gaan net so seer wees soos vantevore. Wat sou jy leer?

Wanneer ons God daardie vraag vra, dink ek dat wat ons werklik vra is: “God, het U my lief? Sal U na my kyk in my pyn en leiding? U sal my nie alleen los nie, sal U?”

Is dit moontlik dat omdat ons bang is dat God nie werklik oor ons omgee nie, dat ons vir verduidelikings vra?

In plaas daarvan, moet ons eerder leer om te sê: “Here, ek glo. Ek verstaan nie, en ek sal seker nooit begryp hoekom slegte goed gebeur nie, maar ek weet verseker dat U my liefhet, en dat U met my is – altyd.”

Ek glo dit vat baie keer meer geloof om deur iets te gaan en oorwinning te behaal as wat dit vat om verlos te word daarvan. Plaas jou vertroue in God en jy sal sterker aan die ander kant uitkom.


Gebedsbeginpunt

God, ek glo in U, selfs al wil my omstandighede my vul met twyfel. Help my om U liefde vir my te onthou en om my geloof in U te sit, maak nie saak wat gebeur nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon