Jy kan God nie steur nie

Jy kan God nie steur nie

“Deur wat Christus gedoen het, het God ons uitgekies. Omdat Hy ons liefhet, het Hy ons, al voor die wêreld gemaak is, uitgekies om Syne te wees en onberispelik in liefde voor sy aangesig te lewe.” —Efesiërs 1:4 NLV

Vandag wil ek jou herinner aan iets wat ek voel is baie belangrik vir jou welstand: Jy is geen verrassing vir God nie. Hy het geweet wat Hy kry toe Hy jou gekies het, net soos wat Hy geweet het wat Hy kry toe Hy my gekies het.

Die Bybel sê dat God ons uitgekies het vir Homself om Syne te wees! Jy het nie eendag erens net opgedaag nie. En God het nie besluit om jou maar net te verdra nie.

Jy kan God nie steur nie, want Hy het jou gekies…jy kan nie inbraak maak op Sy tyd nie! Hy rol nie Sy oë wanneer jy ‘n probleem het nie. In plaas daarvan, sal Hy jou altyd herinner aan hoe ver jy gekom het, hoe goed jy doen en hoe kosbaar jy in Sy oë is en hoe baie Hy jou lief het.

God het reeds jou swakpunte geken, elke fout wat jy gaan hê en elke keer as jy misluk, sê Hy steeds: “Ek wil jou hê”. Efesiërs 1:5 verklaar dat vooraf besluit het om ons as sy kinders aan te neem. God is jou Pappa! Met Hom aan jou kant, sal dinge uitwerk op die ou einde.


Gebedsbeginpunt

God, U liefde verwonder my. As my Vader, het U my gekies voor die wêreld geskape was. Maak nie saak hoeveel foute ek het nie, ek weet dat U my steeds wil hê. Dankie vir U goedheid!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon