“Verkondig die woord van God. Hou daarmee vol, of die tyd daarvoor geleë is of nie. Jy moet jou mense met geduld reghelp, aanspreek en bemoedig terwyl jy hulle geduldig onderrig.” 2 Timoteus 4:2 NLV
Ek bly baie in hotelle as ek reis vir bediening doeleindes. Wanneer ek in my hotelkamer is, hang ek gewoonlik die “Moenie steur nie” bordjie op die deur sodat niemand my kan pla nie. Om die bordjie voor my hotelkamer te hang is aanvaarbaar. Maar om dit op my lewe te hang is nie.
Het jy al ooit agtergekom dat God nie altyd dinge doen op ons skedule of in manière wat vir ons gerieflik is nie? Paulus het vir Timoteus gesê dat as ‘n dienaar van God en ‘n bedienaar van die Evangelie, moet hy sy take verrig of dit vir hom gemaklik is of nie.
Ek twyfel of Timoteus so verslaaf was aan gemak as wat ons vandag is. Maar as hy nodig gehad het om dit te hoor, dan is ek seker dat ons dit baie meer moet hoor.
Dit is maklik om ‘n “Moenie steur nie” teken oor ons harte te hang vir vrees dat God se roep ongemaklik gaan wees, maar ons mis uit op so baie geleenthede as ons dit doen. Ons moet onthou dat watookal God ons vra om te doen, dit is altyd enige ongemak of moeilikheid wat ons dalk in die gesig mag staar, werd. En Hy sal altyd dit moontlik maak vir ons om Sy wilt e volg as ons gehoorsaam is aan Hom.
Gebedsbeginpunt
God, vandag kies ek om die “Moenie steur nie” bordjie van my hart te verwyder. Selfs al voel dit ongerieflik vir my, ek wil U gehoorsaam en doen wat U my vra om te doen.