Om die regte soort kennis na te streef

Om die regte soort kennis na te streef

‘’Want ek het besluit om as ek by julle is, net op Jesus Christus te konsentreer en veral op sy kruisdood.’’ —1 Korintiërs 2:2 NLV

Baie Christene ly omdat hulle te besig is om vleeslike kennis te soek in plaas van die Woord van God. Die Here self het gesê: my volk word vernietig weens ‘n gebrek aan kennis… (Hosea 4:6). Paulus was ‘n opgevoede man met ‘n magdom van vleeslike kennis. Hy het gedink hy is beter as ander en het selfs probeer om Christene dood te maak. Gelukkig het God ander planne gehad en Homself openbaar aan Paulus op ‘n manier wat sy lewe vir altyd verander het. Toe Paulus besef dat die soeke na vleeslike kennis nie kan vergelyk word met belangrikheid van geestelike kennis nie, het hy besluit om dit eerder na te streef. Soos Paulus moet ons besef hoe belangrik dit is om geestelike dinge te leer. In plaas daarvan om wêreldse dinge na te jaag en ons koppe te vul met dinge wat nie saak maak nie, moet ons God se Woord lees, bestudeer, mediteer en ons gedagtes vul. Uit ondervinding kan ek jou vertel dat deur God se Woord te leer, dit jou lewe sal verander. Dit het Paulus verander in een van die grootste Christene wat gelewe het en dit kan jou verander en jou na jou ongelooflike bestemming in Christus lei. Ek moedig jou vandag aan om die geestelike kennis wat in God se Woord gevind word, na te jaag. Meer van God se Woord in jou hart en jou gedagtes, sal jou help om te vind wat jy regtig soek.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil nie my tyd mors met vleeslike kennis wat nie saak maak nie. Soos Paulus, help my om meer as enige iets anders, die geestelike kennis na te streef wat ek kan vind deur U en die Woord te ken.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon