“Ek, ja, Ek alleen, is die Een wat julle sondes uitwis. Ek doen dit ter wille van Myself en Ek dink nie weer daaraan nie.’’ —Jesaja 43:25 NLV
Het dit al by jou opgekom dat jy met jouself ‘n verhouding het? Miskien het jy nog nooit so daaraan gedink nie, maar jy spandeer meer tyd met jouself as met iemand anders en dit is uiters belangrik dat jy goed met jouself oor die weg kom, omdat jy die een persoon is van wie jy nie kan wegkom nie. Ons moet onsself liefhê – nie op ‘n selfsugtige, selfgesentreerde manier wat ‘n lewensstyl van selfbevrediging voortbring nie, maar op ‘n gebalanseerde, goddelike manier wat die skepping van God as wesenlik goed en reg bevestig. Niemand is perfek nie, en ons kan ‘n leemte hê deur ongelukkige ervarings wat ons moes deurmaak, maar dit beteken nie dat ons vir niks goed is nie. Ons moet die tipe liefde vir onsself hê wat sê, ‘’ Ek weet dat God my liefhet, dus kan ek liefhê wat God kies om lief te hê. Ek hou nie van alles wat ek doen nie, maar ek aanvaar myself omdat God my aanvaar.’’ Ons moet die soort volwasse liefde ontwikkel wat sê, ‘’Ek glo dat God my daagliks verander, maar tydens hierdie proses sal ek nie verwerp wat God aanvaar nie. Ek sal myself aanvaar soos ek nou is, met die wete dat ek nie altyd so sal bly nie.’’
Gebedsbeginpunt
Here, soos Jesaja 43:25 sê, U wis my sonde uit en aanvaar my, wat beteken dat ek myself nie hoef te verwerp nie. Ek is vry om myself op ‘n gesonde manier lief te hê omdat U my liefhet!