Verduur soos Jesus

Verduur soos Jesus

‘’Ons oë vasgenael op Jesus, die Voorganger en Voleinder van ons geloofswedloop. Hy het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het, die kruis verduur. Ja, Hy het Hom selfs deur die skande van die kruisdood nie laat afskrik nie. En nou sit Hy op die ereplek langs God op die troon!’’  —Hebreërs 12:2 NLV

Daar is gewoonlik twee kante van ‘n saak. Die kruis het twee: ‘n kruisigingskant en ‘n opstandingskant. Jesus moes die een kant verduur om by die ander uit te kom. Maar as Hy dit nie verduur het nie, was ons nog steeds sonder ‘n Verlosser en ons sondes nie vergewe nie. Hebreërs 12:2 sê Jesus het ter wille van die blydskap wat daar voor vir Hom gewag het – die opstanding – die kruis verduur. Soos Jesus, moet ons moeilike dinge verduur. My definisie van verduur is ‘’om die duiwel te uitoorlê; om lank genoeg standvastig te wees sodat die toets kan doen wat dit veronderstel is om in ons lewens te doen en van die een kant van die kruis te gaan na die ander kant.’’ Of ons nou getref word deur onverwagte omstandighede, ly omdat ons iets verkeerd gedoen het of om versoeking en sonde te weerstaan deur te doen wat reg is, ons moet deur moeilike dinge gaan. Maar wat wag aan die ander kant van die moeilike tye, is die vreugde om die prys te verwerf – die goeie resultaat. Word vandag bemoedig deur die manier waarop Jesus beproewings hanteer het. Hy het geweet van die vreugde wat op Hom gewag het en volhard tot die einde toe. Hy het jou die krag gegee om dieselfde te doen.


Gebedsbeginpunt

Here, ek wil verduur soos Jesus verduur het. Help my om visie te kry van die vreugde om die prys te kry wat op my wag, sodat ek elke beproewing deur U genade kan verduur.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon