God gee die ootmoediges genade

God gee die ootmoediges genade

‘’En julle, jong manne, erken die gesag van die ouderlinge. Trouens, almal moet nederig in mekaar se diens staan, want: “God is téén dié wat te veel van hulleself dink, maar dié wat besef hoe afhanklik hulle van Hom is, aan húlle gee Hy sy genade.”- 1 Petrus 5:5 NLV

1 Petrus 5:5 sê dat God teen die is wat te veel van hulleself dink…maar wys genade aan die wat besef hul is afhanklik van Hom. En elkeen wat dink dat hulle ‘n selfgemaakte mens is, op hulle wag ‘n wrede ontnugtering, want Jesus het gesê:…Want sonder My kan julle niks doen nie (Johannes 15:5).

Wanneer ons in trots leef, en sonder God se hulp probeer slaag, is ons oop vir soveel aanvalle van die vyand. Maar nederigheid is ‘n bedekking wat God se hulp in ons lewens bewerkstellig om ons te beskerm. Wanneer jy jouself verootmoedig deur te sê: ‘’Here, ek weet nie wat om te doen nie, ek vertrou op U,’’ sal God jou help.

God sal nie toelaat dat ons met enigiets slaag nie, tensy ons op Hom leun en vertrou. Maar wanneer ons onself verootmoedig onder die magtige hand van God, sal Hy ons op die regte tyd verhef (sien 1 Petrus 5:6). Die regte tyd is God se tyd – wanneer God weet ons is gereed, nie wanneer ons dink ons is gereed nie. Hoe gouer ons dit begryp en aanvaar, hoe gouer kan God volgens Sy plan in ons lewens werk.


Gebedsbeginpunt

Here, ek verootmoedig myself voor U, wetende dat U my op die regte tyd sal verhef. Ek kan nie op my eie slaag nie. Ek het U hulp nodig.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon