Verander die Gesprek

Verander die Gesprek

Die tong het mag oor dood en oor lewe. Hulle wat lief is om te praat, moet saamleef met die gevolge van hulle woorde. (Spreuke 18:21)

Eerder as om jou probleme te repeteer, kan jy vandag se stiltetyd saam met God gebruik om Sy goedheid te begin verklaar.

Om oormatig oor ons bekommernisse te praat, help niks om dit te laat verdwyn nie. Al wat dit veroorsaak, is om die spanning te verhoog. Hoe meer ons praat oor alles wat verkeerd kan gaan, hoe meer val die klem op spanning en word die volumevlak van geloof verdoof.

Iets wonderliks gebeur wanneer ons die gesprek verander. Wanneer ons begin praat oor die krag, goedheid en getrouheid van God ten spyte van ons probleme, verlaag ons spanningsvlakke.

Dit is nie dat ons woorde die omstandighede wat ons in die gesig staar onmiddellik verander nie, maar dit het die krag om ons gesindheid oor daardie omstandighede te verander totdat die omstandighede wel verander.


Vandag se Gedagte

As jou gesprekke positief, hoopvol en vol aanmoediging is, sal jy die dag met vreugde en optimisme tegemoetgaan.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Spreuke 10:11; Efesiërs 4:29

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon