“Geregtigheid en reg is die fondament van u troon. Onfeilbare trou en waarheid is tot u diens.” —Psalms 89:15 NLV
God is geregtig. Dit is Sy karakter – wie Hy is – en dit is iets wat Hy wil hê ons moet nastreef.
Geregtigheid streef daarna om verkeerde dinge reg te maak. Ons is agente van God sodat Hy deur ons kan werk om die onregte in die wêreld reg te maak. Elke keer wat ons sien iets is verkeerd, moet ons eerste reaksie wees om daaroor te bid. Ons tweede reaksie moet wees om die vraag vir onsself af te vra, wat kan ek daaraan doen?
Dit is maklik om oorweldig te voel deur die nood wat ons om ons raak sien. So ons kyk na dinge en dink dit is iemand anders se probleem, en ons wens dat “hulle” dit regmaak! Ons wens dat “hulle” dit en dat moet doen.
Het jy al ooit jouself gestop en gevra, “wie is hulle?”. Ek dink “hulle”, is ons – ek en jy! Jy mag dalk nie alles kan regmaak nie, maar jy kan iets doen.
Moenie net na ongeregtigheid kyk en niks doen nie. God het jou nie gemaak vir passiwiteit nie, Hy wil hê jy moet Hom vra wat jy kan doen. Hy het jou gemaak vir entoesiasme, ywer en passie. Hy het gawes in jou geplaas wat gebruik moet word vir Sy glorie en om ander mense te help. So, leef ‘n lewe van geregtigheid vandag.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, moet my nie toelaat om rond te sit en te wens “hulle” doen iets oor die ongeregtighede in die wêreld terwyl ek wel iets kan doen nie. Vul my met dapperheid en wys my hoe om die verkeerde dinge in die wêreld rondom my reg te maak.