‘’Daarom – as julle dink julle staan sterk, moet julle oppas dat julle nie ook tot ’n val kom nie.’’ —1 Korintiërs 10:12 NLV
Een ding wat ons in die versoeking kan bring, is om te veel van onsself te dink en onsself te veel te vertrou. Dit is ‘n houding wat deur die vyand aangemoedig word. Ons raak te trots en dink dat alles in orde is, maar dan versoek Satan ons en ons verval in sonde.
Hierdie volgende stelling mag jou dalk skok: Jy moet weet dat daar ook ‘n goeie soort versoeking is. Ons moet besef dat Satan ons versoek om kwaad te doen, maar op ‘n manier versoek God ons om goed te doen. Elke keer as die vyand ‘n slegte opsie voor jou stel, het God elke keer ‘n goeie een gereed.
Wanneer die versoeking om te sondig oorweldigend voel, moet jy onthou dat die Heilige Gees, wie baie magtiger as die vyand is, jou ook wil oorweldig, maar op ‘n goeie manier. Hy wil jou beïnvloed om groot dinge te doen as jy Hom sal toelaat.
God probeer ons lewens red. Hy wil ons versterk sodat wat ook al gebeur, ons bewaar en beskerm sal word onder sy bedekking. As Hy jou versoek om goed te doen, is dit die beste om gehoorsaam te wees.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ek wil luister na U goeie ‘’versoeking.’’ As die vyand probeer om my te laat struikel, wys my U wil en U weg wat ek kan volg.