Stap uit en vind uit

Stap uit en vind uit

“’n Mens beplan sy koers, maar die Here bepaal sy bestemming.” —Spreuke 16:9 NLV

Mense vra my baie hoe hulle kan uitvind wat God se wil is vir hul lewens. Sommige spandeer baie jare om te wag vir ‘n stem of bonatuurlike rigting. Maar om God se stem te hoor in jou hart is soms baie meer prakties as dit. Ek sê altyd vir mense om uit te stap en uit te vind.

Vroeg in my wandel met God, wou ek Hom dien. Ek het gevoel Hy plaas ‘n roeping op my lewe maar ek het nie presies geweet wat om te doen nie, so ek het ‘n paar geleenthede probeer wat beskikbaar was.

Baie van hulle het nie vir my uitgewerk nie, maar ek het verskeie probeer tot ek een gevind het wat vir my gepas het. Ek het uiteindelik lewendig binne geword toe ek ‘n geleentheid gehad het om die Woord te deel met mense. Ek het ‘n vreugde in lering gevind en dit was opmerklik dat God my die vermoë gegee het om dit te doen. Ek het tóé geweet dat ek my plek in bediening gekry het.

Soms is die enigste manier om God se wil te ontdek om te oefen om “uit te stap en uit te vind”.

As jy oor ‘n situasie gebid het en nie weet wat jy moet doen nie, vat ‘n stap van geloof. Moenie bang wees om ‘n fout te maak nie. Stap uit en God sal jou lei.


Gebedsbeginpunt

God, ek vertrou U en ek weet dat U my stappe sal lei, so ek gaan nie bang wees om uit te stap en uit te vind wat U vir my het nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon