“As jy luister na hierdie opdragte van die Here jou God wat ek vir jou gee en dit noukeurig nakom, sal die Here jou die kop maak en nie die stert nie. Jy sal altyd die leiding neem.” Deuteronomium 28:13 NLV
Ek het al groot oorwinnings behaal in my lewe. God het my vrygemaak van soveel ou sondes en slegte gewoontes. Die opwinding van bevryding wat ek al ervaar het is so wonderlik en dit is iets wat God wil hê dat elkeen van ons moet ervaar.
Ek het nogsteeds gevegte wat ek moet wen en hindernisse wat ek moet oorwin, ek is seker jy het ook. Ek wil jou aanmoedig om een ding te kies waaraan jy vandag sommer kan begin werk.
Volgende, begin sien jouself lewe in die oorwinning wat jy deur Christus kan kry vandag. Dink jouself in hoe jou lewe sal wees as jy totale bevryding in elke area kan ervaar.
Ek gebruik Deuteronomium 28:13 as ‘n aansporing vir jou. Ek moedig jou aan om deur die hele hoofstuk te lees. Dit sê basies dat as jy God gehoorsaam, dat Hy jou sal seën, en as jy ongehoorsaam is, dat dit ‘n vloek oor jou lewe bring. Stem jy saam dat dit ‘n goeie aansporing is om gehoorsaam te wees?
Ek hou daarvan om met God te werk om dinge werklik te verower en nie toe te laat dat die vyand my regeer nie. Eintlik dink ek die mees opwindingste reis in die lewe is om eenvoudig vir God te sê: “Here, ek wil verander. Ek wil U tevrede stel.”
Wanneer mens in daardie gemoedstoestand kom, kan jy een vir een vryheid kry in elke area ervaar totdat jy begin besef dat jy in Jesus se outoriteit stap.
Moenie jou lewe leef sonder om die opwinding te ervaar van groei en verandering nie, anders mis jy uit op die goeie dinge wat die Here deur jou kan doen.
Vat bietjie tyd vandag en visualiseer die persoon wie jy graag wil wees en begin dan God se vryheid soek. Want jy en God kan enigiets doen, een dag op ‘n slag!
Gebedsbeginpunt
Here, ek glo dat ek U vryheid kan ervaar. Vandag sien ek myself as die bevryde mens wat ek in U kan wees. Bekragtig my dat ek kan lewe vir U en kan stap in U outoriteit wat U vir my gegee het.