“Jy sê dalk: “Dis darem verskriklike mense wat jy beskryf!” Jy is egter self sonder verontskuldiging. Deurdat jy ’n oordeel oor ander uitspreek, veroordeel jy immers jouself, want eintlik doen jy dieselfde soort dinge. Daarom is jy ook sonder verontskuldiging.” Romeine 2:1 NLV
As ons dink aan en praat van wat alles fout is met al die ander mense, is ons gewoonlik gemislei oor ons eie gedrag. Jesus het die opdrag gegee dat ons nie so bekommerd oor ander mense se gedrag moet wees as dit duidelik is dat ons self so baie fout in onsself het nie (sien Matteus 7:3-5).
Die Bybel sê vir ons dat wanneer ons ander oordeel, oordeel ons hulle ook vir die goed wat ons self doen!
Ek het een keer vir God gevra hoekom doen ons soms iets en ons dink dis heeltemal aanvaarbaar, maar dan oordeel ons iemand anders wat dieselfde doen. Die Here het met my hart gepraat en gesê: “Joyce, jy kyk na jouself met rooskleurige brille maar na ander met ‘n vergrootglas”.
Dit is waar! Ons maak verskonings vir ons eie gedrag maar wanneer iemand anders dieselfde as ons doen, het ons net geen genade nie. Ek moedig jou aan om die proses om te draai – verwag die beste van ander maar hou jou eie lewe onder die vergrootglas. Laat toe dat God met jou eerste werk en dan sal jy die skriftuurlike manier leer om ander te help groei.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, in plaas daarvan om die lewe van ander te ondersoek, wil ek hê U moet my help om my eie lewe te ondersoek. Ek weet dat met U hulp, kan ek die probleme wat ek het korrigeer en positiewe, gesonde manière vind om ook ander te help groei.