“Hou op om ’n oordeel oor ander uit te spreek. Dan sal God ook nie ’n oordeel oor julle uitspreek nie.” Matteus 7:1 NLV
Duisende van die goed wat ons elke dag ervaar is nie reg óf verkeerd nie maar bloot persoonlike keuses – keuses wat mense die reg het om te maak sonder enige inmenging van buite.
Die duiwel bly besig deur vir demone opdragte te gee om gedagtes van oordeel en kritiek in mense se gedagtes te plaas. Ek kan onthou hoe dit vir my vreeslik lekker was om in die parkie of in die winkels te sit en eenvoudig net vir mense te kyk terwyl ek opinies in my kop maak van elkeen: hul klere, hairstyle, metgeselle ensovoorts.
Maar die Bybel sê dit is verkeerd om mense so te oordeel. Ons kan nie onsself altyd help dat ons opinies het nie en daar is niks verkeerd om ‘n opinie te hê nie, maar die oomblik as ons dink daar is iets fout met iemand anders want hulle deel nie ons persoonlike smaak nie, het ons ‘n probleem met oordeel.
In hierdie oomblikke dink ek by myself, Joyce, dit het niks met jou te doen nie. Moenie toelaat dat skadelike oordeel in jou groei nie. Besef eerder dat God almal uniek gemaak het en dit is okay vir mense om anders te dink as wat jy dink. En wanneer nodig, dink net so by jouself: dit het niks met my te doen nie.
Gebedsbeginpunt
God, ek wil nie ander mense oordeel of kritiseer nie. Wanneer ek mense ontmoet wat ander opinies of persoonlike smaak as ek het, help my om hulle te sien deur U oë en te onthou dat my opinies nie meer belangrik as hulle s’n is nie.