“Dit sal julle in staat stel om dié dinge te onderskei wat regtig saak maak. Dit sal julle ook help om skoon en onberispelik te lewe tot op die dag wanneer Christus terugkom.” —Filippense 1:10 NLV
God is uitstekend. En as Sy verteenwoordigers, moet ons ook wees. So dit is baie belangrik dat ons ons beste doen in alles wat ons aanpak. Ons moet gemotiveerd wees om ons beste te doen in alles wat ons nastreef om te bereik. Paulus moedig ons aan om te onderskei wat regtig saakmaak (Filippense 1:10). As ons uitstekendheid ‘n manier van lewe maak, sal ons God se vreugde hê en goeie voorbeelde wees vir die wêreld.
Ons moet uitstekendheid saai om ‘n uitstekende oes te kry. Ons kan nie uitstekende resultate verwag in die lewe as ons nie ‘n uitstekende lewe lei nie. Die Bybel leer ons om eienskappe van ywer, standvastigheid en vasberadenheid te ontwikkel – dit sal alles vir ons help om ‘n lewe van uitstekendheid te leef.
Ek wil jou aanmoedig om jou beste te doen met enige projek of aktiwiteit wat God op jou pad plaas. Weer ywerig. Moenie dinge ongedaan los nie, maak klaar wat jy begin het tot die beste van jou vermoë. Maak dit vas in jou hart om standvastig en gedetermineerd te wees. Wy jouself toe aan uitstekende resultate.
God eer ‘n houding van uitstekendheid. Kies om jou beste te doen en Hy sal jou bekragtig in die proses.
Gebedsbeginpunt
God, ek wil ‘n uitstekende lewe leef. Maak my sterk en help my om my beste te doen in elke situasie met standvastigheid, ywer en determinasie.