Wees beslissend!

Wees beslissend!

“My broers en susters, die belangrikste is dat julle nie moet sweer nie – nie by die hemel nie, nie by die aarde nie, nie by enigiets anders nie. Sê net “ja” of “nee”, en bedoel dit. Dan sal julle nie veroordeel word nie.” —Jakobus 5:12 NLV

Besluiteloosheid is ‘n ellendige plek om in te wees en dit is beslis nie die vrug van ‘n eenvoudige lewe nie. Die apostel Jakobus het gesê ‘n dubbelhartige man is onbestendig in al sy weë.

Om besluiteloos te wees omdat jy bang is dat jy die verkeerde besluit gaan maak gaan jou nêrens bring nie. Hoeveel tyd dink jy mors ons as ons nie besluite kan neem nie?

Ons dink soms baie lank oor ons keuses voor ons, wanneer ons soms net ‘n besluit moet maak en dit laat staan. Dit is dalk ‘n eenvoudige voorbeeld maar dink daaroor: wanneer jy voor jou klerekas staan in die oggend en na al jou klere kyk, kies net iets en trek dit aan. Moenie heen en weer gaan totdat jy jouself laat maak vir werk nie!

Laat ek jou aanmoedig om besluite te begin maak sonder om jouself te betwyfel of bekommerd te wees oor die keuses wat jy maak.

Moenie dubbelhartig of wisselvallig wees omdat jy jou besluite betwyfel nadat jy dit maak nie, dit sal al die genot steel uit alles wat jy doen. Maak die beste besluite wat jy kan en vertrou God met die resultate.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, dankie dat U my wys dat besluiteloosheid my eintlik nêrens gaan bring nie. Help my dat my “ja” “ja” sal wees en my “nee” “nee” sal wees. Ek weet ek kan nie verkeerd gaan wanneer ek my beste besluite maak en U net vertrou met die resultate nie.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon