Genees en Gesond

Genees en Gesond

Geliefde vriend, ek hou aan bid dat dit in alle opsigte met jou goed mag gaan en dat jy nét so gesond sal wees soos dit geestelik goed met jou gaan. (3 Johannes 1:2)

Pyn uit ons verlede het ‘n manier om rond te hang. Kindertraumas en ander emosionele wonde bly dikwels in ons gedagtes. Vir baie mense hou hierdie herinneringe hulle terug in die lewe.

Dit hoef nie jy te wees nie. Die goeie nuus is dat jy in Christus nie gebroke of gebreek is nie – jy is genees en gesond. Jy kan verby die gevolge van vorige wonde beweeg en voortgaan om wonderlike dinge te doen.

Elke keer as jy herinner word aan hoe jy gewond is, dink aan hoe lief God jou het. Jy is nie beskadig of minderwaardig omdat iemand of iets jou seergemaak het nie. Jy is ‘n geliefde, verloste, herstelde kind van God.

Om te weet hoe waardevol jy vir God is en dat Hy ‘n wonderlike plan vir jou lewe het, sal jou in staat stel om pynlike herinneringe te oorkom en die liefde en vreugde van God wat vandag joune is, te aanvaar.


Vandag se Gedagte

Jesus het gesterf om vir jou volkome genesing te bring – in jou gees, siel en liggaam. Ontvang Sy genesende aanraking in elke area van jou lewe.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Psalm 147:3; Jesaja 53:5

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon