In die Wêreld Maar nie van die Wêreld nie

In die Wêreld Maar nie van die Wêreld nie

Ek het u boodskap aan hulle oorgedra, maar die wêreld het hulle gehaat omdat hulle nie aan die wêreld behoort nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie. (Johannes 17:14)

Dit lyk dikwels of ons in hierdie lewe deur probleme omring word, maar die goeie nuus is dat ons as Christene, al is ons volgens Johannes 17:14-16 in die wêreld, nie van die wêreld is nie. Ons hoef nie volgens die wêreld se stelsel te funksioneer nie, om soos die wêreld te reageer nie. Ons houding en benadering kan totaal anders wees.

Die wêreld reageer op probleme deur gefrustreerd en ontsteld te wees, maar Jesus het in Johannes 14:27 gesê, “Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie.’’

Hierdie vers dui aan dat ons ‘n verandering van perspektief kan hê. Die regte gedagtes en die regte gesindheid kan ‘n situasie heeltemal omkeer. As ons iets met vrees benader, stel ons onsself oop vir ellende. As ons weier om te vrees of ‘n negatiewe uitkyk te hê, maak ons die deur oop vir God om bonatuurlik te werk en ons te help. Ons kan ons eie perspektief kies.


Vandag se Gedagte

Omdat Jesus die wêreld se krag ontneem het om ons skade aan te doen, kan ons die uitdagings wat ons in die lewe in die gesig staar, met ‘n nuwe perspektief benader – op ‘n kalm en selfversekerde manier.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Johannes 15:19; 1 Johannes 2:16

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon