Wees die Seën Wat Iemand Nodig Het

Wees die Seën Wat Iemand Nodig Het

Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. (Filippense 2:4)

Elke mens het hulp nodig. Ons almal het aanmoediging, opbouing en waardering nodig. Jy kan daardie seën wees wat iemand anders nodig het. God wil nie net jou lewe seën nie, maar Hy wil hê dat jy ‘n seën moet wees vir diegene rondom jou. Almal word soms moeg en het ander mense nodig om vir hulle te sê: ”Ek wou jou net laat weet ek waardeer jou en alles wat jy doen.”

Ek glo God seën ons sodat ons ‘n seën kan wees – nie net op ‘n paar plekke nie, maar oral waar ons gaan. Soek mense wat in nood is en seën hulle. Deel wat jy het met diegene wat minder bevoorreg is as jy, gee ‘n bemoedigende woord en wees vriendelik. Wanneer jy leef om aan behoeftes te voldoen en diegene rondom jou aan te moedig, sal jy ”onuitspreeklike vreugde’’ ervaar in die proses (sien 1 Petrus 1:8).
Vandag se Gedagte

Jy is God se verteenwoordiger aan die wêreld om jou. Net soos Jesus, gaan deur jou dag op soek na ‘n geleentheid om goed te doen. Wanneer jy dit doen, sal jy die wêreld ‘n beter plek maak, een goeie daad op ‘n slag.


Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Hebreërs 13:16; Galasiërs 6:2

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon