Wag op die Here

Wag op die Here

Maar dié wat hulle hoop op die Here stel, sal nuwe krag kry. Hulle vlieg hoog, soos arende. Hulle sal hardloop en nie moeg word nie. Hulle sal loop en nooit vermoeid word nie. (Jesaja 40:31)

Wat beteken dit regtig om op die Here te wag? Dit beteken eenvoudig om tyd saam met Hom deur te bring, in Sy teenwoordigheid te wees, oor Sy Woord te mediteer, Hom te aanbid en Hom in die middel van ons lewens te hou. Een betekenis van die woord wag (gavah in Hebreeus) is om ” saam te bind, deur te draai; aanmekaar gevleg te word.”

Dink daaroor: ‘n vlegsel word aanmekaar geweef sodat jy nie kan sien waar een string eindig en ‘n ander begin nie. Dit is die manier waarop God wil hê ons moet wees in ons eenheid met Hom.

’n Intieme verhouding met God sal jou in die binneste van jou wese versterk. Wanneer jy op die Here wag, tap jy alles wat jy nodig het van Hom af. Hy is jou toevlug, instaatsteller, jou vreugde, jou vrede, jou geregtigheid en jou hoop. Hy gee jou alles wat jy nodig het om in oorwinning oor enige omstandighede te lewe.


Vandag se Gedagte

Soos ons op die Here wag, word ons meer en meer soos Hy – so heg aanmekaar geweef met Hom dat ons een met Hom is, dat ons direkte verteenwoordigers van Sy karakter is.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon