“Deursoek my, o God, en ken my hart; toets my en ken my onrustige gemoed.” Psalms 139:23 NLV
Jare terug toe ons nog finansieël gesukkel het, het ek moeg geraak om God te vertrou vir ‘n deurbraak en ek het net gebreek voor die Here.
Ek het so rukkie gehuil en toe, deur God se genade, het ek ‘n besluit gemaak en verklaar: “God, ek gaan my tiende en offergawes gee tot die dag wat ek doodgaan, of ek nou iets sien kom daarvan of nie!”
Ek glo met my hele hart dit was ‘n toets vir my om te sien hoekom ek regtig gee. Die Here wou onthul of ek die regte, goddelike motiewe gehad het. As ek net gegee het “om te kry”, het ek net uit selfsugtigheid gegee om iets van God te kry.
Daar is baie lerings en predikings wat sê: “Doen dít en jy sal dát kry.” Maar wat daarvan om ‘n rein hart te hê wat sê, “ek wil die regte ding doen want dit is reg en dit bring God glorie”?
Ek moedig jou aan om jou motiewe met ‘n eerlike hart te ondersoek en seker te maak dit is nie selfsugtig nie. Maak ‘n hartsbesluit vandag om God te dien vir die regte redes.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ondersoek my hart en wys my ware motiewe en intensies uit vandag. As dit nie goddelik in enige area is nie, wys dit vir my uit en help my om te verander.