Streef na vrede!

Streef na vrede!

“Vermy die kwaad en doen wat goed is. Soek vrede en streef dit na.” Psalm 34:15 NLV

Wat maak veroorsaak dat ons ons vrede verloor? Baie dinge: as ons laat is, verkeer, as ons koffie mors… Dit is hoekom dit so belangrik is om te “oefen” om in vrede te stap elke dag. Byvoorbeeld, jy moet besluit wanneer om jou mond toe te maak en om nie maklik aanstoot te neem nie. En jy moet dit kan vat om soms verkeerd te wees.

Jy kan nie net terugsit en wens vir vrede nie, of om te wens die duiwel los jou uit of dat mense moet doen wat jy wil hê. Die Bybel sê ons moet streef na vrede. Jy moet in jou kop besluit om na vrede te streef.

Vir God se Woord om vrug te dra in ons lewens, moet dit gesaai word in ‘n vredevolle hart van iemand wat werk vir vrede en wat vrede maak. Alle gelowiges het ‘n verantwoordelikheid om ‘n gees van vrede te hê sodat God Sy Woord in en deur hulle kan versprei.

Soek jy ‘n deurbraak in jou lewe maar maak nie saak hoe hard jy probeer, dit kom net nie? Dit mag dalk wees omdat jy nie in vrede leef nie. So ek moedig jou aan: begeer vrede, soek dit en streef daarna met al jou mag!


Gebedsbeginpunt

Here, ek kan nie net terugsit en wag vir vrede om outomaties te kom nie. Ek wil dit aktief nastreef. Wys my hoe om U vrede te soek.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon