“En so het Jesus grootgeword en in wysheid toegeneem; Hy was geliefd by God en almal wat Hom geken het.” Lukas 2:52 NLV
Van kindstyd af, het Jesus in die bonatuurlike guns van God en mens gewandel. Hy was so populêr dat Hy omtrent nooit alleen tyd kon vind om te bid of gemeenskap met Sy hemelse Vader kon hê nie. Selfs die wat nie in Hom geglo het as die Christus nie, het besef dat Hy in die guns van God loop.
Die wagte wat gestuur was deur die Fariseërs om Jesus te arresteer het teruggekom en gesê dat niemand nog ooit gepraat het soos dié Man praat nie! (Johannes 7:46). En tot op die einde van Sy lewe op aarde, selfs toe Hy op die kruis was, het mense herken dat God saam met Hom was (sien Lukas 23:47-48).
Dieselfde guns is beskikbaar aan ons vandag. Ons moet nooit vergeet dat maak nie saak wat gebeur nie, ons kan guns met God hê en met ander mense (sien Lukas 2:52). Maar soos baie goeie dinge in die lewe, moet ons ons geloof in God sit om dit te ontvang.
So vandag, lewe in geloof, vol vertroue en met die wete dat God jou die guns sal gee wat Jesus gehad het. Maak nie saak oor die omstandighede wat in jou lewe kom nie, vertrou God vir bonatuurlike guns.
Gebedsbeginpunt
God, ek weet dat dieselfde guns waarin Jesus gestap het is beskikbaar vir my vandag. Help my om te stap in geloof dat ek guns met U en mense kan hê.