Wys genade aan jou vyande

Wys genade aan jou vyande

“Julle het gehoor dat gesê is: ‘Jy moet jou eie mense liefhê, maar jy hoef nie jou vyand lief te hê nie.’ Maar Ek sê vir julle, julle moet julle vyande liefhê en bid vir dié wat julle vervolg.” Matteus 5:43-44 NLV

Ek is mal oor die fliek ‘El Cid’, die storie van die man wat Spanje herenig het en toe ‘n groot held geword het.

Vir eeue lank het Christene teen die Moors baklei. Hulle het mekaar gehaat en doodgemaak. In die geveg, het El Cid vyf Moors gevang maar hulle nie doodgemaak nie want hy het besef dat doodmaak niks goed gaan doen nie. Hy het geglo dat om genade aan sy vyande te wys sou hul harte verander en dat beide groepe dan in vrede sou leef.

Een van die Moors wie hy gevang het, het gesê: “Enigiemand kan doodmaak, maar net ‘n ware koning kan genade aan sy vyande wys.” As gevolg van El Cid se een goeie daad, het sy vyande hulself aan hom as vriende geoffer van toe af.

Jesus is ‘n ware Koning en Hy is goed, vriendelik en genadevol aan almal, selfs die wat Hom haat. Kan ons enigiets minder doen as om Sy voorbeeld te volg?

Vandag, is daar enigiemand aan wie jy kan dink vir wie jy genade moet bewys? Om goed en genadevol te wees, veral aan jou vyande, mag een van die kragtigste dinge wees wat jy kan doen.


Gebedsbeginpunt

God, dit is nie maklik nie, maar ek wil die tipe persoon wees wat genade wys aan almal, selfs my vyande. Deur U genade, kies ek om ‘n lewe van genade te leef.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon