Noem God “Abba”

Noem God “Abba”

“Die Gees wat julle ontvang het, is nie ’n Gees wat weer van julle vreesbevange slawe maak nie. Julle het die Gees van ware kindwees ontvang en deur hierdie Gees roep julle uit tot God: Abba – ons Vader.” Romeine 8:15 NLV

Vrees kan ‘n baie kragtige invloed in ons lewens hê, maar dis eintlik net die vyand se perversie van geloof. Hy sê vir jou: “Glo my as ek jou sê, dit gaan nie werk nie. Jou gebede is nie goed genoeg nie. Jy het nie geregtigheidstand met God nie. Jy is ‘n mislukking”.

Vrees sê altyd vir jou wat jy nie is nie, wat jy nie het nie, wat jy nie kan doen nie en wat jy nooit sal wees nie. Maar Romeine 8:15 sê dat jy ‘n kind van God is wat Hom “Abba Vader” kan noem.

Die woord Abba was ‘n term wat klein kindertjies gebruik het vir hul pappas. Dit is dieselfde as die woord “pappa”. Dis is minder formeel as Vader en gee ‘n indikasie van ‘n gemaklike verhouding en nabyheid tussen ‘n kind en sy of haar pa.

Jesus sê dat ons God “Abba” moet noem want Hy het ons verlos van alle vrees. Hy sal altyd na Sy geliefde kinders omsien en ons kan Hom nader sonder enige vrees van verwerping. As ons na Hom toe hardloop met enige probleem of pyn, wag Hy vir ons met ope arms om ons te troos en te bemoedig.


Gebedsbeginpunt

Abba Vader, dankie dat U my U kind gemaak het. Ek weet dat U na my sal kyk en dat ek nie in vrees hoef te leef nie. Ek het U lief!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon