‘’Die wapens van ons stryd is nie mensgemaak nie, maar die kragtige gevegstoerusting van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die argumente,’’ —2 Korintiërs 10:4 NLV
Het jy geweet dat ons elke dag in ‘n oorlog is? As ons na al die lyding kyk, sal ons dink dat al die gevegte aan die buitekant gebeur, maar in werklikheid gebeur dit aan die binnekant – op die slagveld in ons gedagtes. As ons nie daarin slaag om die slagveld te identifiseer nie, kan ons ook nie ons vyand identifiseer nie. Ons is geneig om te glo dat mense, geld, godsdiens of ‘’die sisteem’’ ons probleme is. Tensy ons ons gedagtes hernu, kan ons die leuens bly glo en belangrike besluite neem wat gebaseer is op misleiding. Elke dag word ons gedagtes gebombardeer met ‘n konstante stroom van knaende gedagtes, vermoedens, twyfel en vrees. Alhoewel hierdie dinge nederlaag en verwoesting kan veroorsaak, kan die waarheid van God se Woord oorwinning en vreugde bring. Jy het miskien ‘n paar vestings in jou lewe wat afgebreek moet word. Laat ek jou bemoedig deur jou te herinner dat God aan jou kant is. Daar is ‘n oorlog aan en jou gedagtes is die slagveld. Maar die goeie nuus is dat God aan jou kant veg!
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ek wil nie mislei word en die ware stryd wat in my gedagtes gebeur ignoreer nie. Hou my gereed sodat ek die goeie stryd kan veg. Met U aan my sy, kan ek nie verloor nie!