‘’Die Here het vir Abram gesê: “Trek weg uit jou land, weg van jou familie en jou ouerhuis en gaan na die land wat Ek jou sal aanwys.’’’’ —Genesis 12:1 NLV
Die Bybel vertel van ‘n man Abram, wat ondanks sy eie persoonlike vrees, op God vertrou het. Hoe sou jy gevoel het as God jou gesê het om jou huis, jou familie en alles wat bekend en gemaklik is te verlaat na ‘n onbekende bestemming? Vol vrees? Dit was presies wat God aan Abram gesê het – en dit het hom bang gemaak. Maar God se woorde aan hom was: ‘’Moenie vrees nie.’’ Ons dink baie keer dat ons moet wag om iets te doen totdat ons nie meer bang is nie, maar as ons dit doen, sal ons waarskynlik baie min vir God, vir ander of selfs vir onsself bereik. Abram moes ondanks sy vrees, uitstap in geloof en gehoorsaamheid. As Abram ingegee het tot sy vrees, sou hy nooit sy bestemming vervul het om alles te word wat God hom geskape het om te wees nie – die vader van baie nasies. Wanneer jy ingee tot vrees, verander dit God se beste plan vir jou lewe. So doen wat Hy wil hê jy moet doen, al is dit met vrees. Soos Abram, sal jy uitvind dat die voordele groot is.
Gebedsbeginpunt
Here, U was getrou aan Abram toe hy gehoorsaam was aan U ten spyte van sy vrees, daarom besluit ek ook om vrees te weerstaan en te doen wat U ook al wil hê ek moet doen.