“Julle is betrokke in ’n geestelike oorlog. Moenie langer julle liggaamlike vermoëns as wapens van ongeregtigheid vir die sonde beskikbaar stel nie, maar stel julleself voortdurend vir God beskikbaar omdat julle uit die dood weer lewendig geword het. Stel al julle liggaamlike vermoëns as wapens van geregtigheid tot God se beskikking.” —Romeine 6:13 NLV
God het ons elkeen gemaak met ‘n gees, siel en liggaam. As gelowiges, moet ons verstaan dat die siel bestaan uit: ons gedagtes, wil en emosies. Aangesien dit vol van “self” is en nie wil onderwerp aan die Heilige Gees nie, moet dit heilig gemaak word.
Omdat ons vrye wil het, sê ons gedagtes vir ons wat ons dink maar dit is nie altyd God se gedagtes nie.
Ons wil dikteer vir ons wat ons wil hê, selfs al is dit in konflik met wat Hy vir ons wil hê.
Ons emosies bepaal wat ons voel, maar in Christus moet ons harte net onderwerp aan God en Sy Woord.
God wil hê dat ons ons gedagtes, begeertes en gevoelens moet vervang met Syne. Ons kan nie in oorwinning oor sonde leef totdat ons dit doen nie.
Begin deur vir God te sê dat jy wil hê Hy moet Sy weg hê in jou siel.
In Romeine 6 vra Paulus ons om onsself beskikbaar te stel aan Hom. Maak ‘n keuse vandag om nie jou siel vir jouself te gebruik nie, maar om alles van “jouself” aan God te offer.
As die siel geheilig is, en dit geleer is om God se gedagtes, begeertes en gevoelens te dra, dan sal jy ‘n kragtige instrument vir Sy glorie wees.
Gebedsbeginpunt
Here, my gedagtes, wil en emosies kan somtyds rebelleer teen U Woord, maar ek wil nie langer so leef nie. Vader, ek offer my siel aan U, wetende dat wanneer ek doen, U my sal heilig en gebruik om U wil te bereik.