God se Gees gee vir hom die verstand, die kennis en die vaardigheid vir die werk wat gedoen moet word. Hy kan voorwerpe maak uit goud, silwer en koper. (Eksodus 35:31-32)
God is ongelooflik kreatief en Sy Gees woon in jou. Jy is na Sy beeld geskape, so dit beteken dat jy ook kreatief is.
Was jy al ooit huiwerig of bang om iets nuuts te probeer? Voel jy ooit vasgevang in ‘n groef omdat jou dae gevul is met dieselfde energielose roetine? Wel, daar is iets wat jy oor jouself moet besef. ‘n Groot mate van kreatiwiteit lê in jou en God wil jou wys hoe om daardie kreatiwiteit te benut.
Ek dink God geniet verskeidenheid – hoekom anders moet hy soveel daarvan in ons sit? Die ou uitdrukking is waar: verskeidenheid is die spesery van die lewe.
Terwyl jy bid oor die dag wat vir jou voorlê, vra God wat jy kan doen wat nuut of anders is. Soms is selfs ‘n effense afwyking van eendersheid verfrissend. Wandel altyd in wysheid, maar moenie bang wees om uit te stap en iets nuuts te probeer nie. God het jou gevul met kreatiwiteit en oorspronklikheid – wees vrymoedig en doen iets wat jy nog nooit tevore gedoen het nie.
Vandag se Gedagte
Elke nuwe dag is ‘n splinternuwe geleentheid. Soek vandag iets opwindend, prettig en nuut om die lewe wat God vir jou gegee het te geniet.
Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Joshua 1:8; Psalm 27:4