“Dit is tog die Here wat wysheid gee. Sy woorde gee kennis en insig.” —Spreuke 2:6 NLV
Die lewe is geen pret wanneer ons gevoelens alles beheer nie. Gevoelens verander van dag tot dag, uur tot uur, selfs oomblik tot oomblik. Hulle lieg gewoonlik vir ons. In kort, ons kan nie ons gevoelens vertrou nie.
Maar ons kan kies, as volgelinge van Christus, om valse emosies te ignoreer en te lewe volgens waarheid en wysheid. Laat ek jou ‘n paar voorbeelde gee…
Dalk bevind jy jouself in ‘n groep mense en jy voel asof almal oor jou praat. Dit beteken nie dat hulle het nie. Miskien voel jy asof niemand jou verstaan nie, maar dit beteken nie dat hulle doen nie. Jy voel dalk misverstaan, nie waardeer nie of selfs mishandel, maar dit beteken nie jy is nie. Hierdie is net gevoelens.
Ons moet volwasse, gedissiplineerde mense wees, vasbeslote om in die Gees te wandel. Dit vat ‘n konstante wilskrag om te kies om dinge op God se manier eerder as op ons eie manier te doen.
Selfs al voel ons per geleentheid oorweldig deur negatiewe emosies, ons kan nie toelaat dat ons emosies beheer neem en ons lewens verwoes nie.
In plaas daarvan kan ons die waarheid volg: goddelike wysheid, kennis en verstand.
Gebedsbeginpunt
God, my gevoelens gaan soms teen U wysheid en dit probeer my aflei van U pad, maar ek gaan nie toelaat dat hulle my lewe beheer nie. Lei my met U waarheid sodat ek naby aan U kan bly en beheer word deur my emosies wat konstant verander nie.