“Goddeloses vlug weg, al jaag niemand hulle nie. Regverdiges is so dapper soos leeus.” —Spreuke 28:1 NLV
Sommige mense het ‘n natuurlike dapperheid, terwyl ander sukkel om dapper te leef soos ‘n geliefde kind van God dit betaam. Ek het daardie probleem gehad totdat God eendag vir my belangrike sleutels gegee het om my te help om met dapperheid te leef en ek wil dit met jou deel vandag.
- Weier om in vrees te leef. Vrees is ‘n epidemie in ons samelewing. Die Bybel beveel ons in Hebreërs 10:38 om in geloof te leef en nie terug te trek in vrees nie.
- Sit terugslae agter jou. Jy is nie ‘n mislukkig omdat jy nuwe dinge probeer het en dit nie uitgewerk nie. Jy misluk net wanneer jy ophou probeer. Moenie bang wees om foute te maak nie, en as jy doen, herstel vinnig en druk deur.
- Moenie vergelyk nie. Dapperheid is onmoontlik as jy heeltyd jouself vergelyk met ander. Dapperheid kom deur te aanvaar wie jy is en deur die beste weergawe van jouself te wees.
- Wees gewillig om aksie te neem. Deursoek jou hart en vra jouself wat jy glo God wil hê jy moet doen en dan doen jy dit.
Bid oor hierdie vier sleutels en vra die Heilige Gees om jou te help om dit uit te leef. In Christus, en deur Sy genade, kan jy vol selfvertroue wees en gevul wees met dapperheid.
Gebedsbeginpunt
Heilige Gees, ek wil hê dat dapperheid een van die eienskappe moet wees wat my definieër. Help my om hierdie vier sleutels uit te leef deur U krag.