“Daarom doen ek ook my uiterste bes om altyd ’n skoon gewete voor God en die mense te hê.” —Handelinge 24:16 NLV
Dit is uiters belangrik om ‘n skoon gewete te hou, want niks sal jou so baie weerhou daarvan om die lewe te geniet as ‘n skuldige gewete nie.
In Handelinge het Paulus gesê dat hy dissipline sal nastreef en wêreldse begeertes vermy, sodat hy blaamloos en skuldvry voor God kan staan. Dieselfde tel vir ons. Om te stap met die vertroue van ‘n skoon gewete sal ons vry en gelukkig hou.
Dit klink maklik as dit kom by die duidelike en maklike reg-en-verkeerde dinge, maar wat van die “grys” areas van die lewe? Hoe hou ons ons gewete skoon as ons nie seker is wat die regte of verkeerde besluit is nie? Wat as ons perongeluk sondig sonder dat ons dit weet? Ek het ervaar dat God se onderskeiding dié probleem oplos.
Onderskeiding is geestelike begrip en dit is die sleutel tot ‘n lewe van ‘n skoon gewete. Dit vat oefening, maar behels eenvoudig dat jy na jou hart luister. God sal jou laat weet as jy iets nie moet doen, wat later net skuldgevoelens gaan bring.
Ek wil jou aanmoedig om te leef op so ‘n manier wat jou gewete skoon sal hou. Moenie goed doen wat jy weet jy moenie en steun op God se onderskeiding as jy in ‘n situasie is waar jy nie seker is nie. Hy sal jou nooit lei in die verkeerde rigting nie.
Gebedsbeginpunt
God, dankie vir U onderskeiding. Help my om aandag te gee aan U stil, sagte stem wat met my hart praat sodat ek kan leef in ‘n manier wat my gewete vry en skoon hou voor U.