Om moeilike besluite te maak

Om moeilike besluite te maak

“Hierdie Hoofpriester van ons kan ten volle met ons in ons swakhede saamvoel, want Hy is in elke opsig op dieselfde manier as ons versoek, maar Hy het nie voor die sonde geswig nie.” —Hebreërs 4:15 NLV

Dit is baie belangrik om die regte besluite te maak, veral in die middel van seer, teleurstelling, frustrasie en verwarring – wanneer die regte keuse die moeilike keuse is. Wanneer dinge stresvol is, is ons natuurlike neiging om die pad van die minste weerstand te vat.

Maar daardie is juis die oomblikke wanneer die regte besluit die grootste verskil kan maak. Wanneer ons die regte resultate wil oes, moet ons doen wat reg is selfs al voel ons nie so nie.

Dit is wonderlik vir my om te weet dat Jesus weet hoe ons voel. Toe Hy mens geword het, het Hy met al dieselfde frustrasies gesukkel as wat ons doen. Hy het ook gevoel asof Hy wil opgee en die maklike pad vat, maar Hy het oorwin en die moeilike keuses gemaak.

Wanneer ons moegraak en vou in ons determinasie, kan ons met volle vertroue weet dat ons ‘n God dien wat presies weet waardeur ons gaan. Hy wil ons help en ons Sy genade gee sodat ons nie moeilike besluite op ons eie hoef te maak nie.

As jy jouself uitgestres bevind of op die punt waar jy wil moed opgee, onthou dat God met jou is en Hy verstaan. Kry die krag om die moeilike besluite in Hom te neem.


Gebedsbeginpunt:

God, ek is so bly en dankbaar dat U alles verstaan waardeur ek gaan en waarmee ek sukkel. Wanneer ek versoek word om die pad van die minste weerstand te vat, sal ek my krag in U vind om die regte besluite te maak.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon