Die hoë koste om gemiddeld te lewe

Die hoë koste om gemiddeld te lewe

‘’Wat sal dit jou tog help as jy alles in die lewe bereik, maar jy ly skade aan jou diepste menswees? Jy sal met niks ter wêreld daarvoor kan vergoed nie.’’ – Matteus 16:26 NLV

Satan versoek ons om ‘n gemiddelde lewe te lei, maar God versoek ons om hoër te klim. Een van die ergste foute wat ons kan maak is om selfvoldaan te raak deur te dink dat wat ons nou het in orde is of die beste is wat ons kan doen. ‘n Gedagtegang van lae verwagtinge hou ons terug omdat God net deur ons kan doen wat ons glo wat Hy kan doen.

Wees versigtig om nie geestelik op ‘n ‘’ou plek’’ te kom nie. Ek wil nie gemiddeld wees nie, want ek dien nie ‘n gemiddelde God nie. God is ‘n God van uitnemendheid en ek wil Sy voorbeeld volg. En soos die Skrif hier bo sê jy kan alles in die lewe bereik, maar die geseënde lewe wat Hy vir ons het verbeur.

‘n Gemiddelde lewe het hoë koste. Niks is die moeite werd om die wonderlike, vreedsame, vreugdevolle, regverdige, heilige lewe wat ons in Christus hier op aarde kan hê, prys te gee nie. As jy jou lewe bestry teen die wil van God en op jou manier leef, lewe jy ‘n gemiddelde lewe.

God wil hê dat ons geseënd moet wees, maar Hy wil nie hê dat ons dit vir onsself moet voorsien nie. Hy wil nie hê jy moet dinge soek of dinge vooraf voor Hom sit nie. Onthou dat as ons eers God en Sy koninkryk soek, sal al die seëninge wat Hy vir ons het, kom. En dit is om die goeie lewe te leef.


Gebedsbeginpunt

Vader, ek wil nie ‘n gemiddelde lewe leef nie. Help my om op U te fokus, sodat ek vandag die goeie lewe van U koninkryk kan leef

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon