Wees in die wêreld, nie daarvan nie!

Wees in die wêreld, nie daarvan nie!

‘’Ek vra nie dat U hulle uit die wêreld verwyder nie, maar dat U hulle van die kwaad moet bewaar. Hulle behoort nie aan die wêreld nie, net soos Ek ook nie aan die wêreld behoort nie.’’ – Johannes 17:15-16 NLV

Baie mense lewe deesdae in ‘n ewige toestand van oorbelading, en strek hulself tot die uiterste. As gevolg hiervan is hul op die punt van ‘n ineenstorting – mense wat met  allerhande spanning, druk, ontmoediging en negatiwiteit leef. Maar die goeie nuus is dat ons as Christene, hoewel ons in die wêreld is, volgens Johannes 17, nie van die wêreld is nie. Ons hoef nie volgens die wêreldstelsel te werk en soos die wêreld te reageer nie. Ons houding en benadering moet heeltemal anders wees.

Die wêreld reageer op probleme deur ontsteld en ontmoedig te wees, maar Jesus sê in Johannes 14:27 dat ons moet ophou om ons self te vererg, verontrus of te ontstel. Hierdie vers dui aan dat ons houding van die wêreld verskil.

Ek het opgemerk dat die regte houding en benadering ‘n situasie heeltemal kan omkeer. Die regte gesindheid maak die deur oop vir God om bonatuurlik te werk en jou te help. Die regte houding is wat jou toelaat om in die wêreld te wees, maar nie daarvan nie, selfs as jy omring word deur dit.

Onthou, omdat ons in Christus is, kan ons die uitdagings wat ons in die lewe ervaar op ‘n kalm, selfversekerde manier benader.


Gebedsbeginpunt

Here, U het gesê dat alhoewel ek in die wêreld is, ek nie daarvan hoef te wees nie. Ek kies U gesindhede en gedagtes vandag. Selfs te midde van hierdie wêreld, kies ek om met U vrede en die gees van Christus te reageer.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon