Bely jou foute aan mense wie jy vertrou

Bely jou foute aan mense wie jy vertrou

‘’Want alles wat weggesteek is, sal sigbaar word en alles wat geheim is, sal uiteindelik aan die lig kom vir almal om te sien.’’ – Lukas 8:17 NLV

Die meeste mense voel nie gemaklik om oor hul foute en swakhede te praat nie. Waarom wil ons nie sulke dinge in die openbaar bring nie? Dit is omdat ons bang is vir wat mense mag dink. Ons is bang dat ons verwerp, misverstaan of nie liefgehê sal word deur diegene vir wie ons omgee nie, of dat hul ‘n ander mening oor ons sal hê as hul regtig van ons weet.

Maar om ons foute te bely, is belangrik vir emosionele genesing. Die Bybel sê dat alle verborge dinge uiteindelik geopenbaar sal word, daarom moet ons vandag ons seer en swakhede deel met mense wie ons vertrou.

Toe ek uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om met iemand te deel oor die mishandeling in my verlede, was dit emosioneel baie moeilik. Maar nou wanneer ek oor my verlede praat, is dit asof ek oor iemand anders se probleme praat. Die pyn om oor my swakhede en pyn te bely het genesing en herstel gebring.

Bid en vra God om vir jou te wys wie jy kan vertrou, en verbind jouself tot ‘n verhouding van openheid en eerlikheid met hulle. As julle met mekaar deel, sal jul God se genesing vir mekaar bring.


Gebedsbeginpunt

Heilige Gees, wys my wie U in my lewe geplaas het sodat ek my foute, swakhede en seer met hulle kan deel. Ek wil die deur oopmaak tot groter genesing in my en hul lewens.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon