Die moed om jouself te wees

Die moed om jouself te wees

‘’In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen?’’- Psalm 56:5 NLV

Is jy moeg vir speletjies speel, maskers dra of probeer om iemand anders as jouself te wees? Sou jy nie die Vryheid wou hê om net aanvaar te word vir wie jy is nie, sonder die druk om iemand te wees wat jy nie regtig weet hoe om te wees nie? Wil jy graag weet hoe om jou uniekheid te omhels en die versoeking te weerstaan om soos almal te wees?

As jy onsekerheid gaan oorkom en die person wees wat God jou geroep het om te wees, moet jy die moed hê om anders te wees. Ongelukkigheid en frustrasie gebeur wanneer ons ons uniekheid verwerp en probeer om soos mekaar te wees.

God wil hê dat jy die persoon wat Hy jou geskape het moet liefhê en aanvaar, eerder as om aan ander mense se verwagtinge te voldoen of om te wees wat jy dink hul wil hê jy moet wees. Jy moet jouself afvra: wil ek mense behaag of wil ek God behaag? Ware vrede en vreugde in die lewe kom wanneer ons fokus daarop om God te behaag en nie die mens nie.

God het geweet wat Hy doen toe Hy jou gemaak het. Jy is ‘n unieke individu, besonder wonderlik gemaak deur God. Aanvaar jouself as ‘n nuwe skepping in Christus Jesus en verkry veiligheid en vertroue deur te ontdek wie jy in Hom is.


Gebedsbeginpunt

Here, ek sal die mens nie vrees nie. Ek wil my veiligheid en vertroue in my verhouding met U vind. Vandag durf ek die unieke individu te wees wat U my geskape het om te wees. Ek wil U behaag.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon