Die Nederiges Kry Hulp

Die Nederiges Kry Hulp

Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak. Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om. (1 Petrus 5:6-7)

Wat ‘n kragtige skrif! God nooi ons nie net om ons sorge aan Hom te gee nie – Hy gee ons opdrag om dit te doen. Met dit in gedagte, hoekom sal ons vashou aan ons bekommernisse, ons probleme en ons sorge? Die sekerste manier om vreugde in ons lewens te vind, is om God se riglyne te volg en dit vereis dat ons ophou kommer.

Die genesing vir bekommernis is om onsself voor God te verootmoedig in die besef dat ons eenvoudig nie in staat is om al ons eie probleme op te los en dan ons sorge op Hom te werp en Hom te vertrou nie.

In plaas daarvan om onsself ellendig te maak, en alles op ons eie te probeer uitpluis, sê God ons kan ons vertroue in Hom plaas. Wanneer ons dit doen, kan ons in Sy rus ingaan, onsself totaal aan Sy sorg oorgee. Die beloftes van God word altyd deur geloof en geduld verkry.


Vandag se Gedagte

Dit kan skrikwekkend wees om dinge te laat gaan as gevolg van kommer dat God nie betyds sal optree nie, maar God is nooit laat nie … Hy is altyd op tyd!

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon