Wees Lief vir Moeilike Mense

Wees Lief vir Moeilike Mense

Sover dit vir julle moontlik is, moet julle goeie verhoudings handhaaf met alle mense. (Romeine 12:18)

Sommige mense is moeiliker as ander om lief te hê. Die waarheid is dat sommige mense onbeskof of onvriendelik is as gevolg van spanning wat hulle voel of die pyn wat hulle in hul lewe ervaar het. Hoe reageer jy op mense wat moeilik en onvriendelik is? Reageer jy in liefde soos die Woord sê ons moet, of daal jy na hulle vlak, gedra jou so sleg soos hulle?

As Christene het ons die Woord van God en die Heilige Gees in ons lewens om ons te help en te troos, maar ons moet onthou dat baie mense in die wêreld wat moeilik is om mee oor die weg te kom, dit nie het nie. Jesus het gesê dat ons niks spesiaals gedoen het as ons mense goed behandel wat ons goed behandel nie, maar as ons vriendelik is met iemand wat as ‘n vyand sal kwalifiseer, is dit dan dat ons werklik liefde betoon (sien Lukas 6:32-35).

Mense gaan altyd deel van ons lewens wees en nie almal is aangenaam nie. Sal jy optree volgens die Woord van God en hulle liefhê ter wille van Hom? As jy dit doen, sal jy verbaas wees hoeveel dit hulle sal help … en hoeveel dit jou sal help.


Vandag se Gedagte

In jou stiltetyd met God, neem tyd om te bid vir diegene in jou lewe met wie dit dalk moeilik is om oor die weg te kom. Gee daardie mense oor aan God en vertrou Hom om genesingswerk in hulle harte te doen.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Matteus 5:44; Romeine 12:14

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon