Die nederiges kry hulp

Die nederiges kry hulp

“Word daarom klein onder die kragtige hand van God; op sý tyd sal Hy julle groot maak.’’ – 1 Petrus 5:6 NLV

Aangesien Jesus ons nooi om al ons sorge en bekommernisse op Hom te laai, waarom weier so baie van ons om dit te laat vaar? Miskien besef ons nie hoe ellendig ons is as ons die las van bekommernis dra nie. Die enigste manier om oorwinning in ons lewens te behaal, is om God se wysheid te volg en op te hou om te bekommer as ons vrede wil hê. Dus as dinge na ons kant toe kom wat kommer veroorsaak, het ons God se hulp nodig. Hoe kry ons dit? Eerstens sê 1 Petrus 5:6 dat ons onsself moet verootmoedig. Dit lyk baie duidelik en eenvoudig, maar tog sukkel baie daarmee omdat hulle te hardkoppig is om hulp te vra. Maar die nederiges kry hulp. As jou manier dus nie werk nie, waarom probeer jy nie God se manier nie? As ons ons verootmoedig en God se hulp vra, kan Hy Sy krag in ons situasies vrylaat. Dit is eers dan dat ons die lewe regtig kan geniet. Verneder jouself dus vandag en laat Hom sorg vir jou bekommernisse.


Gebedsbeginpunt

Here, ek weet dat ek nie my lewe op ‘n vreedsame manier kan hanteer nie, daarom verneder ek myself vandag en vra U om hulp. Ek vertrou U en gee U beheer in my lewe.

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon