‘’Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou.’’ – Psalm 56:3 NLV
Vrees kom nie van God nie, maar van Satan, dus elke keer wanneer jy vrees in jou lewe ervaar, kom die vyand teen jou. In my leringe sê dikwels dat vrees die ‘’meestergees’’ is. Dit is die gees wat Satan gebruik om God se mense te regeer en te voorkom dat hulle onder leiding van die ware Meester, Jesus Christus, kom. Menigte mense vervul nooit die roepstem van God in hulle lewens nie, bloot omdat die duiwel elke keer as hulle probeer vorentoe beweeg, vrees gebruik om hulle te stop. Gebruik hy vrees om jou te stop? Satan gebruik vrees om mense te verhinder om die lewe te geniet. Vrees bring pyniging en jy kan sekerlik nie die lewe geniet en terselfdertyd gepynig word nie. As die duiwel vrees bring, kan jy kies om nie jou knie daarvoor te buig nie. Dawid het gesê, “Wanneer ek bang is, sal ek op U vertrou.’’ Ek glo dat dit veilig is om te sê dat as jy ‘n poging aanwend om God met hart en siel na te jaag en Hom te volg, die vyand met vrees sal aanval. Wanneer jy egter jou vertroue in God stel, kan Hy jou help om jou vrees te oorkom en vorentoe te beweeg.
Gebedsbeginpunt
Here, ek wil nie buig voor vrees nie. Ek vertrou op U. Ek weet dat ek op U kan vertrou om my die moed en krag te gee om vrees te weerstaan.