Die Regte Soort Gedagtes

Die Regte Soort Gedagtes

Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie. (Spreuke 23:7) (AFR 53)

Die gedagtes wat ons onsself toelaat om oor te tob, sal die rigting vir ons lewens bepaal. Dit is hoekom ek dikwels sê, waar die gedagtes heen gaan, volg die man.

As ons negatiewe gedagtes het, sal ons ‘n negatiewe lewe hê. Aan die ander kant, as ons ons gedagtes vernuwe volgens God se Woord, sal ons die ”goeie en die aanvaarbare en die volmaakte” wil van God vir ons lewens ervaar (Romeine 12:2).

Ons stryd en triomf is gewortel in denkpatrone. Negatiewe gedagtes produseer moedeloosheid, twyfel en vrees, maar ons hoef nie as gevangenes aan daardie gedagtes te leef nie. Ons kan kies om ons gedagtes in lyn te bring met die Woord van God.

Die verstand is ‘n gevegsterrein. Vra God om jou die krag te gee om jou te help om vandag die stryd te wen. Besluit om negatiewe denke te weerstaan en bly eerder by positiewe, geloofsvervulde, godvrugtige gedagtes vir jou lewe.


Vandag se Gedagte

Hoe meer jy van plan verander vir die beter, hoe meer sal jou lewe ook ten goede verander.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer 2 Korintiërs 10:5; Kolossense 3:2

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon