Die Vreugde van Rustig Raak

Die Vreugde van Rustig Raak

En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. (Filippense 4:7)

Vir so baie mense is die pas van die lewe heeltemal te vinnig. Hulle hardloop van gebeurtenis tot gebeurtenis, aktiwiteit tot aktiwiteit sonder om ooit rustiger te raak om die lewe te geniet. Baie van hierdie aktiwiteite word aangevuur deur ‘n vrees dat hulle iets sal misloop en enigiets wat deur vrees aangevuur word, is ongesond en geestelik gevaarlik.

As jy voel dat dit vir jou moeilik is om vrede te vind te midde van al die daaglikse besluite wat jy moet neem, moedig ek jou aan om stadiger te gaan. Stiltetyd saam met God sal jou help om dit te doen. Wanneer jy tyd neem om met God deur te bring, sal dit jou help om al die ander gebeure van die dag te prioritiseer. Daardie tyd in gebed en studie van die Woord sal jou die regte perspektief gee sodat jy rustiger kan raak en krag van God put om die besluite en aktiwiteite van die dag in vrede die hoof te bied.


Vandag se Gedagte

Jesus was altyd besig, maar Hy het nooit gehaas nie. Hy het nie gespanne rondgehardloop met die gedagte aan al die dinge wat gedoen moes word nie. Kyk vandag na Jesus as jou voorbeeld.

Delf dieper in God se Woord: Bestudeer Jesaja 14:7; Matteus 11:28-29

Facebook icon Twitter icon Instagram icon Pinterest icon Google+ icon YouTube icon LinkedIn icon Contact icon